0
Your cart

Your cart is empty

Browse All Departments
  • All Departments
Price
  • R100 - R250 (8)
  • R250 - R500 (7)
  • R500 - R1,000 (5)
  • -
Status
Brand

Showing 1 - 20 of 20 matches in All Departments

Nagreisiger (Afrikaans, Paperback, Nuwe Uitgawe): Leon van Nierop Nagreisiger (Afrikaans, Paperback, Nuwe Uitgawe)
Leon van Nierop
R220 Discovery Miles 2 200 Ships in 4 - 8 working days

’n Ligte spanningsverhaal met ’n tikkie liefde.

Nerien-hulle se huishulp vertel haar van kinderdae af van die nagreisiger. Sy kry dikwels nagmerries oor hom – ’n man wat haar in die donker agtervolg of langs die pad staan en duimgooi. Sy kan nooit sy gesig uitmaak nie. Op ’n dag besef Nerien dat die nagreisiger mens se gewete is – en dis onmoontlik om dit te ontvlug. Waarheen ook al jy gaan – jou gewete reis saam …

Die Nagreisiger het oorspronklik in 1995 as ’n tydskrifverhaal in Huisgenoot verskyn, en is in 2004 as roman gepubliseer. Hierdie boek is ’n verwerkte weergawe van die 2004-publikasie.

Druk Speel - 'n Gids Vir Filmstudie In Die Klas (Paperback): Leon van Nierop Druk Speel - 'n Gids Vir Filmstudie In Die Klas (Paperback)
Leon van Nierop
R280 R241 Discovery Miles 2 410 Save R39 (14%) Ships in 7 - 11 working days

Die fokus van die boek is om die onderwyser in die klas met hierdie genre te help.

Hoe gemaak wanneer jy filmstudie as ’n genre in jou klas moet behandel?

Druk speel! is spesiaal geskryf om onderwysers te help om die hoe en wat van filmanalise beter te kan verstaan. Nie net help flimstudie met leerders se verbetering van visuele geletterdheid nie, maar dit bevorder ook kritiese denke. Volkleurfoto’s van Suid-Afrikaanse fi lms word gebruik om filmiese aspekte te verduidelik.

Aspekte soos die volgende word bespreek:

  • verskillende vorme van films
  • kamerawerk
  • redigering
  • kostuums en grimering
  • musiek en klank
  • hoe om resensies te skryf
Duiwelsroos (Afrikaans, Paperback): Leon van Nierop Duiwelsroos (Afrikaans, Paperback)
Leon van Nierop
R340 R292 Discovery Miles 2 920 Save R48 (14%) Ships in 4 - 8 working days

’n Orkaan waai privaatspeurder Beer Henning tot op die spogroosplaas Roosbaron. Daar ontdek hy pikswart rose wat ’n dodelike geheim versteek: die duiwelsroos.

Hy ontmoet die eksentrieke eienares van die plaas, Mathilda van Eck. Haar sewentienjarige seun Marnus is presies ’n jaar gelede in verdagte omstandighede dood. Sy huur Beer om uit te vind wat werklik gebeur het.

Beer vermoed Marnus is vermoor en dat die motief reg onder sy neus is. En in so ’n geval is die moordenaar daar op die plaas!

Doodloopstraat: Die dood trap in jou spoor (Afrikaans, Paperback): Leon van Nierop Doodloopstraat: Die dood trap in jou spoor (Afrikaans, Paperback)
Leon van Nierop
R186 Discovery Miles 1 860 Ships in 4 - 8 working days

Sy draai stadig om.“Hy is die doodsengel.” “Ekskuus?” “Die dood trap elke dag in se sy sag. “Oral waar hy gaan, sal die dood hom inhaal. Hy kan nie meer daarvan vlug nie. Sy tyd het aangebreek.” Lourens Schoeman veroorsaak ’n beroering met sy aankoms op ’n dorpie in Botswana. Die gemeenskap wonder hoekom die aantreklike jong man ’n pak klere dra ten spyte van geweldige hitte en waarom daar soveel hartseer in sy oe skuil. Maar hy swyg soos die graf oor sy verlede. Toe Elzaan Jonker dit regkry om Lourens effens beter te leer ken, besluit sy om ondersoek in te stel. Sy is vasbeslote om uit te vind wat hom jaag en hoekom ’n plaaslike inwoner glo dat hy die doodsengel is. Doodloopstraat het oorspronklik in 1997 as ’n vervolgverhaal in Keur verskyn, en is in 2002 as roman gepubliseer. Hierdie boek is ’n verwerkte weergawe van die 2002-publikasie.

Daar Doer in Die Fliek (Afrikaans, Paperback): Leon van Nierop Daar Doer in Die Fliek (Afrikaans, Paperback)
Leon van Nierop 1
R363 Discovery Miles 3 630 Ships in 4 - 8 working days

Daar doer in die fliek sluit aan by die televisiereeks met dieselfde naam wat op kykNet uitgesaai is. Die omvangryke boek gee 'n oorsig oor die ontwikkeling van Afrikaanse rolprente vanaf die heel vroegste stilprente tot en met die heel nuutste rolprente van ons tyd. Die geskiedenis begin met die dokumentere films wat tydens die Anglo-Boereoorlog gemaak is en die epiese De Voortrekkers uit die tyd van die stilprente. Daarna word gedetailleerde aandag aan elke dekade van die 20ste eeu gegee met belangrike figure soos Pierre de Wet, Jamie Uys, Emil Nofal Jans Rautenbach, Katinka Heyns, Leon Schuster en Dirk de Villiers. Die titel is ontleen aan Jamie Uys se baanbreker-rolprent van 1951, Daar doer in die bosveld, wat die begin was van Uys se hoogs suksesvolle loopbaan met rolprente soos Lord oom Piet en die internasionale treffer The gods must be crazy. Van Nierop kon gebruik maak van skaars rolprente in KykNet se videoteek en in die Nasionale filmargief. Talle onderhoude met akteurs, regisseurs en vervaardigers gee eerstehandse inligting oor die vervaardiging van bekende en suksesvolle rolprente. Alhoewel die klem op Afrikaanse rolprente val, word ook na baanbreker-rolprente in Engels en die inheemse tale verwys. Ten slotte word besondere aandag gegee aan die opbloei van die Afrikaanse rolprente in die eerste twee dekades van die 21ste eeu, waardeur talentvolle mense die geleentheid kry om aan hul drome uiting te gee. Die boek is Leon van Nierop se huldeblyk aan een van die oudste rolprentindustriee in die wereld. Die ontwikkeling van die Suid-Afrikaanse rolprentkuns word met 'n groot aantal foto’s geillustreer.

Sielsmokkelaar: Die enigste ding om te vrees, is vrees (Afrikaans, Paperback, Revised ed): Leon van Nierop Sielsmokkelaar: Die enigste ding om te vrees, is vrees (Afrikaans, Paperback, Revised ed)
Leon van Nierop
R220 Discovery Miles 2 200 In Stock

Ramon skommel die tarotkaarte. Dit voel of dit lewend word. Hy vryf met sy duim oor die onderste kaart en iets skerps steek hom. ’n Druppel bloed val op die tafel. Hy ruk terug en draai die kaart om. Dis die doodskaart. Ramon Fraser is al sy hele lewe lank ’n uitgeworpene. Sy ma vlug met hom vandat hy kan onthou. Sy is ’n fortuinverteller, maar weier om sy toekoms te lees. Tot op die verskriklike dag toe die mantelman hulle inhaal … Ramon moet weer vlug en beland op ’n plaas met wuiwende grasvelde, Boesmangrotte en poue wat se angsgille die dood nader roep; die poue met die sterte wat bestaan uit duisende oe wat na hom kyk. Iewers in daardie oe sien hy die mantelman wat die niemandsland tussen hemel en hel oppas en verlore siele vir ewig daar opsluit. Hy wink Ramon om deel te word van sy donkerte, moord en waansin. En so begin die stryd tussen die mantelman en die seun wat die Sielsmokkelaar genoem word. Hy wat siele tussen die hede en ewigheid vervoer, en wie se eie siel as losprys gebruik word om die donker ryk te oorwin. Hierdie is ’n verwerkte uitgawe van Van Nierop se roman Die Sielsmokkelaar wat in 1996 verskyn het.

Piekfyn Afrikaans: Geintegreerde Taalteks Gr 11 Onderwysersgids Huistaal (Afrikaans, Paperback): Riens Vosloo, Fanie Viljoen,... Piekfyn Afrikaans: Geintegreerde Taalteks Gr 11 Onderwysersgids Huistaal (Afrikaans, Paperback)
Riens Vosloo, Fanie Viljoen, Leon van Nierop, Willem van der Merwe, Heleen Stevens, …
R363 R312 Discovery Miles 3 120 Save R51 (14%) Ships in 4 - 8 working days

Uiteindelik! ’n Reeks wat al die soorte tekste bevat wat die nuwe kurrikulum voorskryf! Piekfyn Afrikaans Graad 11 het die wereld van multimediatekste betree – ons bied ’n TV-film vir interaktiewe taalaktiwiteite in die Afrikaanse klas aan. Die leerderboek en onderwysersgids is saamgestel volgens die vereistes vir Huistaal. Hierdie unieke onderwysersgids en DVD ondersteun die onderwyser se taak deur beplanning en voorbereiding tot die minimum te beperk; volledige antwoordsleutel vir elke module te voorsien, asook ritse riglyne, wenke en prosedures vir leeraktiwiteite in afdelings soos Pitkos en In 'n neutedop; te fokus op kommunikatiewe en teks- en temagebaseerde benaderings wat onderrig en leer funksioneel en kreatief in die klaskamer laat plaasvind; 'n wye verskeidenheid tekssoorte aan te bied volgens eietydse temas; volledige onderrigplanne vir elke tweeweeklikse module, asook riglyne vir lesbeplanning en klaskamerpraktyk te voorsien; 'n formele assesseringsprogram vir graad 11, asook verskeie metodes en instrumente vir daaglikse assessering voor te stel; aanvullende hulp- en ondersteuningsmateriaal vir administratiewe en organisatoriese take van die Afrikaansonderwyser in te sluit deur op die kieslys van die DVD op “Lees” te kliek en die dokumente uit te speel vir die onderwysersleer. Ook volkleur plakkate! Ons weet die Piekfyn-reeks gaan die onderwyser sommer weer lus maak om Afrikaans te onderrig.

Piekfyn Afrikaans: Geintegreerde Taalteks Gr 11 Leerderboek Huistaal (Afrikaans, Paperback): Riens Vosloo, Fanie Viljoen, Leon... Piekfyn Afrikaans: Geintegreerde Taalteks Gr 11 Leerderboek Huistaal (Afrikaans, Paperback)
Riens Vosloo, Fanie Viljoen, Leon van Nierop, Willem van der Merwe, Heleen Stevens, …
R410 R352 Discovery Miles 3 520 Save R58 (14%) Ships in 4 - 8 working days

Piekfyn Afrikaans Graad 11 bevat interessante en kontemporere leerstof vir jou as leerder van Afrikaans Huistaal. Boonop word taalinhoud met die van verskeie ander vakke geintegreer wat jou ervaringswereld sal verryk en jou deeglik vir Graad 12 sal voorberei. Die wye verskeidenheid interaktiewe aktiwiteite sorg vir die inoefening en vaslegging van al die taalvaardighede. Afdelings soos Pitkos, In 'n neutedop, die Indeks, Taalgids en Letterkundegids gaan jou voorbereiding vir enige soort assessering seepglad laat verloop. Jy gaan verder ook: vir begrip en pure genot interessante tekste lees; in verskillende sosiale situasies kommunikeer; verskeie visuele tekste verstaan en verduidelik; vlot en ekspressief praat en toesprake lewer; noukeurig en krities na taalgebruik luister, en taalstrukture deeglik en foutloos gebruik; heelwat transaksionele en kreatiewe tekste beplan en skryf volgens die stappe van prosesskryf. Maar dis nie al nie . . . Hou jy van fliek of om na 'n boeiende of grapperige sepie te kyk? Wel, nou gaan jy dit alles in die Afrikaanse klas doen! Jy gaan dit vreeslik geniet om Afrikaans te praat en te skryf terwyl jy weer na al die mense van Mandela-rylaan kyk. Ja, Piekfyn Afrikaans het sy eie film en filmsterre! “Mandelarylaan se stories” is ’n tipies Suid-Afrikaanse TV-sepie. Behalwe kyk, gaan jy ook lekker gesels en jou mening gee oor die film, karakters en gebeure. Geniet ’n Piekfyn-leerervaring!

Bloedsuier (Afrikaans, Paperback): Leon van Nierop Bloedsuier (Afrikaans, Paperback)
Leon van Nierop
R300 R240 Discovery Miles 2 400 Save R60 (20%) Ships in 11 - 16 working days

Toe Maryke ’n kwak wat gehore kamma hipnotiseer probeer ontmasker, skud iets in dié jong hipnoterapeut se onderbewuste los. Het dit te doen met die inbraak tydens haar matriekjaar? Wat is dit wat sy vergeet het?

Lukas probeer haar help. Hy is haar steunpilaar en mentor, en die man op wie sy verlief is. Ook hý moet veg om ’n greep op sy verlede te kry. Maar die bedreiging is nie net in Maryke se kop nie: Vreemde briewe en onheilspellende geskenke maak dit duidelik dat iemand haar dophou.

Iemand wat enigiets sal doen – miskien selfs sal moor – om seker te maak sy onthou.

Movies made easy - A practical guide to film analysis (Paperback, 2nd ed): Leon van Nierop Movies made easy - A practical guide to film analysis (Paperback, 2nd ed)
Leon van Nierop
R565 R523 Discovery Miles 5 230 Save R42 (7%) Ships in 7 - 10 working days

The introduction of film study or analysis into the school curriculum along with the presentation of courses on the art of cinema at several universities and universities of technology, has led to more and more students becoming cinema literate. Movies made easy is a guideline for students who want to discover or rediscover the joys of cinema, while focusing on important elements such as editing, subtext, directing and irony in a film. This is an update of Seeing sense - on film analysis, but provides greater balance between classic and contemporary films, and South African films and Hollywood blockbusters.

Seeing Sense: On film analysis (Paperback, Reissue): Leon van Nierop Seeing Sense: On film analysis (Paperback, Reissue)
Leon van Nierop
R565 R523 Discovery Miles 5 230 Save R42 (7%) Ships in 7 - 10 working days

The introduction of film study or analysis into the school curriculum, along with the presentation of courses on the art of cinema at technikons, universities and film and television schools, has led to more and more students becoming cinema literate at an early age. It is not intended as a text on film criticism, film theory or communication studies. Instead it sets out to provide practical answers to questions confronted by newcomers to courses on film analysis and appreciation. The contemporary examples, case studies and many photographs enhance the student-driven approach of this interesting publication.

Bladsak: Gr 11: Leerderboek - Eerste addisionele taal (Afrikaans, Paperback): Riens Vosloo, Fanie Viljoen, Leon van Nierop,... Bladsak: Gr 11: Leerderboek - Eerste addisionele taal (Afrikaans, Paperback)
Riens Vosloo, Fanie Viljoen, Leon van Nierop, Willem van der Merwe, Heleen Stevens, …
R318 R273 Discovery Miles 2 730 Save R45 (14%) In Stock

Hou jy van fliek of om na 'n boeiende of grapperige sepie te kyk? Wel, nou kan jy dit albei in die Afrikaanse klas doen! Bladsak Graad 11 is 'n cool boek. Jy aan dit vreeslik geniet om Afrikaans te praat en te skryf terwyl jy na die tweede DVD van "Mandela-rylaan se stories" kyk – ons eie TV-sepie en wat spesiaal vir jou as leerder wat Afrikaans neem as Eerste Addisionele Taal, verfilm is. Behalwe kyk, gaan jy ook 'n lekker gesels en jou mening gee oor die film, karakters en gebeure in verskillende sosiale situasies kommunikeer; vir begrip en pure genot interessante tekste lees; verskeie visuele tekste verstaan en verduidelik; vlot en ekspressief praat en toesprake lewer oor die sepie en ander funky onderwerpe; noukeurig en krities na taalgebruik luister; taalstrukture deeglik hersien en foutloos gebruik; splinternuwe woorde en sinne gebruik; heelwat transaksionele tekste beplan en skryf; gereeld assessering van jou eie of jou maat se werk doen; deeglik vir die eksamen voorberei aan die hand van die Taalgids en Letterkundegids. Bladsak Graad 11 bevat omvattende, geintegreerde aktiwiteite wat propvol interessante idees en uitdagings is. Alles wat jy moet verstaan en ken om Afrikaans Eerste Addisionele Taal met vlieende vaandels te slaag, is in hierdie boek saamgevat. Geniet hierdie Bladsak-leerervaring!

Katelknaap (Afrikaans, Paperback): Leon van Nierop Katelknaap (Afrikaans, Paperback)
Leon van Nierop
R290 R232 Discovery Miles 2 320 Save R58 (20%) In Stock

Leon van Nierop se blitsverkoper Plesierengel verskyn twintig jaar gelede en dit is in hierdie boek waar duisende lesers vir Tristan Hansen ontmoet, ’n engel van plesier, ’n manlike prostituut waarvoor Johannesburg se rykste vroue duisende rande betaal.

Dit is egter nie die volle verhaal nie: hoe het die enigmatiese Tristan tot hier gekom? In Katelknaap kry die leser ’n blik op die vroue wat hom gevorm het en van genot geleer het. Veral saam met een vrou, ver weg in Positano, ’n dorpie in Italië, kon hy hom loswikkel van die beklemming van sy konserwatiewe ma wat hom ná sy pa se selfmoord alleen grootmaak.

Maar dit was ook nie die laaste beklemming nie. Op die vooraand van Tristan se 27ste verjaardag vind ons hom in sy luukse dakwoonstel in Maboneng, onrustig ná ’n vreemde foonoproep vol dreigende stilte. Terwyl hy kan voel hoe hy deur ’n verkyker dopgehou word en dat die afloerder met iets anders as begeerte na hom kyk, reik sy herinneringe terug na gelukkiger dae in Positano, en na sy opleiding in die kuns van liefdemaak.

Toyboy (Paperback): Leon van Nierop Toyboy (Paperback)
Leon van Nierop 3
R300 R240 Discovery Miles 2 400 Save R60 (20%) Ships in 11 - 16 working days

From the moment 26-year-old Tristan Hansen steps out of the shower and onto the roof garden of his Maboneng loft, Toyboy pulsates with eroticism. The air is hot and humid, and there’s a Joburg thunderstorm brewing on the horizon. The first flashes of lightning illuminates Tristan’s spectacular flat and the riches it contains: gifts of thanks from his many clients, tokens of their appreciation. Because Tristan is an angel of pleasure, an exclusive escort to Johannesburg’s rich and powerful women. And he is one of a kind.

At how the enigmatic Tristan were trained in the art of lovemaking his clients can only guess. He seldom speaks of those who helped him shake off the strictures of his conservative mother who had to raise him on her own when his father committed suicide. Christina, his first love, and their story set far off in a small Italian village, he also keeps to himself.

But how did Tristan end up here? Who were those women who taught him all he knows? And who is the mystery caller who keeps on phoning and whose calls are filled with menacing silence?

Twenty years ago, Leon van Nierop published his Afrikaans bestseller Plesierengel. Toyboy, published in Afrikaans and English, is its prequel.

Bladsak: Gr 11: Onderwysersgids - Eerste addisionele taal (Afrikaans, Paperback): Riens Vosloo, Fanie Viljoen, Leon van Nierop,... Bladsak: Gr 11: Onderwysersgids - Eerste addisionele taal (Afrikaans, Paperback)
Riens Vosloo, Fanie Viljoen, Leon van Nierop, Willem van der Merwe, Heleen Stevens, …
R370 R318 Discovery Miles 3 180 Save R52 (14%) Ships in 4 - 8 working days

Uiteindelik! ’n Reeks wat al die soorte tekste bevat wat die nuwe kurrikulum voorskryf! Bladsak Graad 11 het die wereld van multimediatekste betree – ons bied ’n TV-film vir interaktiewe taalaktiwiteite in die Afrikaanse klas aan. Die leerderboek en onderwysersgids is saamgestel volgens die vereistes vir Eerste Addisionele Taal. Hierdie unieke onderwysersgids en DVD ondersteun die onderwyser se taak deur visuele geletterdheid maklik te kan onderrig aan die hand van 'n TV-sepie, Stories van Mandela-rylaan, wat spesiaal vir Bladsak verfilm is; 'n volledige antwoordsleutel vir elke episode te voorsien, asook riglyne, wenke en prosedures vir leeraktiwiteite in afdelings soos Padkoswenke, Bladsak kosblik, die Taalgids en Letterkundegids. Ritse wenke vir doeltreffende luister, praat, lees, kyk, skryf en aanbied te gee; te fokus op kommunikatiewe en teksgebaseerde benaderings wat onderrig en leer funksioneel en kreatief in die klaskamer laat plaasvind; gepaste inhoud en kontekste, en ’n wye verskeidenheid tekssoorte aan te bied volgens eietydse temas; bruikbare onderrigplanne vir elke episode, asook riglyne vir lesbeplanning en klaskamerpraktyk te voorsien; 'n omvattende, formele assesseringsprogram vir graad 11, asook verskeie metodes en instrumente vir daaglikse assessering voor te stel. Gratis visuele materiaal (plakkate) vir klaskamer gebruik op die DVD te voorsien. Ons weet hierdie reeks gaan die onderwyser sommer weer lus maak om skool te hou.

Bladsak: Gr 10: Leerdersboek - Eerste addisionele taal (Afrikaans, Paperback): Riens Vosloo, Henry October, Leon van Nierop,... Bladsak: Gr 10: Leerdersboek - Eerste addisionele taal (Afrikaans, Paperback)
Riens Vosloo, Henry October, Leon van Nierop, Heleen Stevens, Belinda Prinsloo
R385 R331 Discovery Miles 3 310 Save R54 (14%) Ships in 4 - 8 working days
Ballade vir 'n Enkeling (Afrikaans, Paperback): Leon van Nierop Ballade vir 'n Enkeling (Afrikaans, Paperback)
Leon van Nierop
R763 Discovery Miles 7 630 Ships in 10 - 15 working days
Plesierengel (Afrikaans, Paperback): Leon van Nierop Plesierengel (Afrikaans, Paperback)
Leon van Nierop
R709 Discovery Miles 7 090 Ships in 10 - 15 working days

Tristan Hansen word die engel van plesier genoem – 'n man wat R15 000 per nag vra en die land se mees invloedryke en wereldwyse vroue soveel plesier gee dat hulle terugkom vir meer. Maar wanneer een van sy kliente haar eie lewe neem, verander die plesierengel in 'n doodsengel, en bely sy kliente die een na die ander wat agter toe deure gebeur het. Maar waarom doen hy dit? Beslis nie net vir die geld nie. 'n Sielkundige, Erika Hamilton, ontmoet hom toevallig. Albei van hulle bied op beroepsvlak verligting van neurose, onvervuldheid en frustrasie – die een op akademiese wyse, die ander met lyflike plesier. Wat gebeur wanneer hulle ontmoet? Plesierengel is ’n nuwe, aangepaste weergawe van Van Nierop se 1998-blitsverkoper, maar die slag kookwaterwarm, onbevange en onbevrees vertel. Soos dit regtig daagliks gebeur . . . Het jy genoeg moed om dit te lees? Daar is tonele wat sensitiewe lesers dalk kan skok. Dit is Van Nierop soos jy hom nog nooit gelees het nie.

Wolwedans In Die Skemer (Afrikaans, Paperback): Leon van Nierop Wolwedans In Die Skemer (Afrikaans, Paperback)
Leon van Nierop
R741 Discovery Miles 7 410 Ships in 10 - 15 working days

Hierdie verhaal van Leon van Nierop is ’n fenomeen wat oorspronklik die lig gesien het as radiovervolgverhaal (1979), toe ’n roman geword het (1983), daarna ’n televisiereeks (1985) – en nou word dit in Oktober vanjaar uitgereik as rolprent, die eerste “Boere-noir”.

Leon het self die draaiboek geskryf, en dít het hom geïnspireer om weer hierdie roman te skep! Dit is dus ’n totaal nuwe roman wat tot stand gekom het, met dieselfde geliefde karakters as destyds, maar geplaas in die hier-en-nou van hedendaagse Suid-Afrika.

Die mooi jong Sonja Daneel beland in Hazyview in ’n motorongeluk. Sy herwin haar bewussyn, maar ly egter aan geheueverlies. Sy herstel by die skouspelagtige Hotel Njala, en raak betrokke by die intriges en lotgevalle van ’n formidabele familie wie se lewens onlosmaakbaar verbind is aan dié onheilspellende hotel.

Voeg hierby geraamtes uit Sonja se eie verlede wat spoedig hul opwagting begin maak en die tafel is gedek vir ’n heerlike, spannende storie wat lesers nie sal kan neersit nie.

Droomjagter (Afrikaans, Paperback): Leon van Nierop Droomjagter (Afrikaans, Paperback)
Leon van Nierop
R340 R249 Discovery Miles 2 490 Save R91 (27%) Pre-order

Gaan hulle mekaar vind of vernietig?

Lucas Jordaan sluit sy bosveldlodge naby Hoedspruit nadat sy meisie onder raaiselagtige omstandighede verdwyn. Dan stop joernalis Renske du Toit voor Jagtersrus se hekke, gestuur deur ’n reistydskrif om oor die lodge te skryf.

Die aantrekking tussen hulle is dadelik tasbaar, al probeer albei dit ontken. Maar wanneer Renske begin stories hoor van die duiwel-in-die-bos wat glo sy eks uit die weg geruim het, ontdek sy ’n donker kant aan Lucas wat haar bang maak, maar ook bedwelm.

Intussen duik nog onheilspellende raaisels op. Wat steek hy vir haar weg? Hoekom waarsku almal haar oor hom? Wat beteken die hangertjie om sy nek? En wie stuur vir hom gedurig kriptiese, dreigende boodskappe?

Hoe meer Renske hom leer ken, hoe sterker haar aangetrokkenheid, maar ook hoe groter die gevaar. Gaan hulle mekaar in hierdie waaghalsige stryd vol begeerte vind of vernietig?

Droomjagter is ’n erotiese spanningsverhaal vol kinkels wat jou om meer as een rede uitasem sal laat.

Free Delivery
Pinterest Twitter Facebook Google+
You may like...
Loot
Nadine Gordimer Paperback  (2)
R398 R330 Discovery Miles 3 300
Endless Summer Vacation
Miley Cyrus CD R254 R238 Discovery Miles 2 380
Multi Colour Jungle Stripe Neckerchief
R119 Discovery Miles 1 190
Loot
Nadine Gordimer Paperback  (2)
R398 R330 Discovery Miles 3 300
Loot
Nadine Gordimer Paperback  (2)
R398 R330 Discovery Miles 3 300
ZA Choker Necklace
R570 R399 Discovery Miles 3 990
Docking Edition Multi-Functional…
R1,099 R799 Discovery Miles 7 990
Loot
Nadine Gordimer Paperback  (2)
R398 R330 Discovery Miles 3 300
Casio LW-200-7AV Watch with 10-Year…
R999 R884 Discovery Miles 8 840
Joseph Joseph Index Mini (Graphite)
R642 Discovery Miles 6 420

 

Partners